Stop jou Skuld-Stres

Kry jou skuld onder beheer sodat jy kan aangaan met jou lewe

Skakel, “please call me” of Whatsapp: 060 787 2801

Weskus franchise. Landwye diens

 Vir Covid-19 info vanaf die Regering se Webwerf – KLIEK HIER

Skuldberading Werk. Kan Ons Help?

Skuldberading werk nie vir almal nie – maar vir die meeste mense wat dit gebruik, is dit ‘n lewensredder. Kliek Hier om ons te kontak, of lees verder.

Hoe werk skuldberading?

Sodra jou aansoek ingedien word by die Nasionale Krediet Reguleerder, mag geen verdere regstappe teen jou geneem word nie.

Daarna onderhandel jou skuldberaders met jou skuldeisers om ‘n skikking te bereik – vir ‘n maandelikse betaling wat jy kan bekostig.

Later word dit deur die Hof bevestig, en solank as wat jy jou betalings maak, mag die krediteurs nie weer meer geld eis of enige stappe neem nie.

Hoeveel kos skuldberading?

Daar is geen aansoek-kostes nie. Jou eerste betaling word gebruik om meeste van die kostes te dek (‘n deel word oorgehou om die prokureur te betaal wat later jou saak in die Hof sal laat bevestig).

Daarna gaan ‘n klein persentasie van elke maandelikse inbetaling vir administrasie kostes (vir boekhouding en oorbetalings).

Skuldberading is vir jou as jy…

  • Nie meer weet hoe om jou skuld te betaal nie
  • Aanhoudend briewe en oproepe van skuldeisers kry
  • Vrees dat skuldeisers op jou bates beslag kan le
  • Vrees dat jy jou voertuig of huis kan verloor
  • Permanent bekommerd is

Skuldberading bied jou:

  • Onmiddellike beskerming – binne een werksdag, dikwels nog dieselfde dag
  • Beskerming teen regstappe en teistering deur skuldeisers
  • Bekostigbare en verminderde alles-in-een terugbetaling
  • Voorsiening vir normale leef-uitgawes
  • Geen aansoekfooie nie
  • Die skuldberader onderhandel met jou krediteure namens jou

Kontak ons vir ‘n Gratis Aansoek – Kliek Hier

Call Now ButtonSkakel Nou