Stop jou Skuld-Stres

Kry jou skuld onder beheer sodat jy kan aangaan met jou lewe

Skakel, “please call me” of Whatsapp: 060 787 2801

Weskus franchise. Landwye diens

 Vir Covid-19 info vanaf die Regering se Webwerf – KLIEK HIER

Algemene vrae omtrent skuldberading

Hieronder volg ‘n reeks algemene vrae rondom skuldberading. Voel vry om ons te kontak indien u vraag nie hier beantwoord word nie.

Wat is skuldberading?

Skuldberading is ‘n stelsel wat dit moontlik maak vir mense met swaar skuldlaste om bekostigbare terugbetalings te maak terwyl hulle beskerm word teen regstappe en beslagleggings. Dit maak voorsiening vir jou leef-uitgawes en beskerm jou bates.

Wie kan aansoek doen vir dit?

Enige persoon wat ‘n gereelde inkomste verdien, en sukkel om sy/haar skuldlas te dra, kan aansoek doen.

Hoe werk skuldberading?

Nadat jou aansoek by die Nasionale Krediet Reguleerder geregistreer is, sal jou skuldberader onderhandel met jou krediteure om bekostigbare terugbetalings moontlik te maak. Waar moontlik word daar ook onderhandel vir beter rentekoerse op uitstaande skuld. Die resultate van die onderhandelings word later deur die Hof bekragtig.

Skuldberading bied ook onmiddellike beskerming teen verder regstappe en/of beslagleggings, of verdere eise deur jou krediteure. En nadat jou skuld klaar betaal is, word dit so aangeteken op jou kredietprofiel.

Hoekom kies mense skuldberading?

Vir diegene wat sukkel met skuld is dit die logiese opsie om jou bates te behou terwyl jy jou skuld afbetaal in bekostigbare paaiemente. Die ander opsie is sekwestrasie, maar dan word al jou bates verkoop – en dit kos ook nog derduisende rande in fooie.

Wat kos dit?

Daar is geen aansoekfooie nie. Die meeste mense wat sukkel met skuld het nie toegang tot fondse vir regskostes nie, en dus is die fooie ingesluit by jou maandelikse terugbetalings. Die eerste maand se betaling word toegeken aan die maatskappy om hul kostes te dek (admin kostes, regskostes, lopende kostes, ens). Daarna kry die maatskappy slegs ‘n klein maandelikse fooi (5% van jou betaling, met ‘n maksimum van R450) vir die administrasie van jou betalings.

Op hierdie manier beland soveel as moontlik van jou betalings in jou krediteure se hande, en die aanwas van rente is so laag as wat dit moontlik kan wees.

Watter skuld kan ingesluit/gedek word?

Enige krediet-ooreenkoms kan ingesluit word – huisverband, voertuie, kredietkaarte, lenings en selfs winkel-rekenings.

Is dit nodig dat ek jul kantore besoek?

Nee. Daar is telefone, Whatsapp, epos, fakse, Skype, Zoom, ens. Baie mense bly in afgelee plekke, en/of hule werks-omstandigdhede laat dit nie toe nie. Daar is verskeie opsies om jou vrae te beantwoord en dokumente heen- en weer te stuur.

Sal ek enige nuwe krediet-ooreenkoms kan aangaan onder skuldberading?

Nee. Daar is wel privaat finansierders wat aanbied om mense onder skuldberading te help om bv. gesteelde voertuie te vervang, maar omdat hulle buite die raamwerk van die kredietstelsel optree, is enige ooreenkoms op jou eie risiko.

Wanneer jou skuld klaar betaal is, reik die skuldberader ‘n sertifikaat uit, en jou kredietprofiel word opdateer. Krediet-verskaffers weet dan dat hulle weer met vrymoedigheid met jou kan sake doen.

Sal my skuldeisers my nog steeds lastig val tydens skuldberading?

Sodra jou aansoek by die Nasionale Krediet reguleerder geregistreer is, word jou skuldeisers in kennis gestel daarvan. Hulle is nie veronderstel om jou daarna te kontak nie. In party gevalle is hul interne kommunikasie egter nie so vinnig nie, en hul invorderings-afdelings mag jou nog kontak.

Jy word voorsien van die skuldberadings-saaknommer – en as enige iemand jou kontak kan jy bloot die nommer vir hulle gee. Indien die persoon aan die ander kant onredelik is, gee die inligting deur vir jou skuldberader – hy of sy sal dit met hulle opneem.

BAIE BELANGRIK:

Skuldberading kan nie ‘n bestaande hofbevel vir beslaglegging stop nie. Indien enige beslaglegginsbevel reeds uitgereik is voor u aansoek ingedien is, sal daardie beslaglegging uitgevoer word, en niemand kan enige iets daaraan doen nie. Die beskerming wat skuldberading u bied geld slegs vanaf die dag waarop jou aansoek deur die Nasionale Krediet Reguleerder ontvang (en die saaknommer uitgereik) is.

Dit is dus van kardinale belang om nie te lank te wag voor jy aansoek doen vir skuldberading nie. Elke dag wat verbygaan is nog ‘n dag waartydens een van jou skuldeisers die hof kan nader.

Hoe lank duur skuldberading?

Dit verskil van een geval tot die volgende. Die tydperk hang af van hoeveel skuld jy het, en hoeveel jy kan bekostig. Wanneer jou skuldberader met jou skuld-eisers onderhandel word die terugbetalings, rentekoerse en ook terugbetalings-tydperk vasgestel.

As jou geldelike posisie intussen verbeter (bv. ‘n beter betrekking) kan jy kies om meer af te betaal, en vinniger kaar te maak – of nie.

Wat van al die negatiewe gerugte oor skuldberading?

Dit het al gebeur dat mense onaangename ervarings gehad het met skuldberading. In die meeste gevalle het die een van twee oorsake: OF daar was regstappe geneem (bv. beslagleggings-bevel) VOOR die skuldberading aansoek ingedien is, OF hulle het hul betalings gemis. Indien jy ophou betaal, behou jou skuld-eisers die reg voor om weer regstappe te neem.

Indien jy ‘n probleem optel langs die pad, kontak jou skuldberader onmiddellik.

Is my geld veilig?

Jou paaiement word direk aan die skuldberadings-groep se hoofkantoor betaal, en nie aan die plaaslike takke nie. Hulle betaal die Nasionale Betaling Verspreider (regerings-instansie) en hou slegs die toegelate fooie (soos voorgeskryf deur die kredietwet) terug.

Het ek regtig skuldberading nodig?

Die oomblik wanneer jy besef dat dit wiskundig onmoontlik is om jou skuldlas te delg uit jou bestaande inkomste, is skuldberading die logiese opsie. Gesels met ‘n skuldberader, en sien wat hy of sy vir jou kan doen.

Wat kan ek verwag wanneer ek gesels met my skuldberader?

Hy of sy sal die hele proses breedvoerig verduidelik, en wat jy kan verwag. Daar is geen kostes aa die konsultasie verbonde nie – selfs al sou jy besluit om nie met skuldberading voort te gaan nie.

Nadat jou aansoek ingedien is, en die onderhandelings met jou skuld-eisers voltooi is, sal jou skuldberader jou in kennis stel van die terugbetalings-plan – insluitende bedrae, tydperke en rentekoerse.

Kontak ons vir ‘n Gratis Aansoek – Kliek Hier

Call Now ButtonSkakel Nou